Close

Funksies en geleenthede in 2019

Durbanville Kinderhuis bied verskeie fondsinsamelingsgeleenthede en -funksies regdeur die jaar aan om uiters nodige fondse vir die Kinderhuis in te samel en bewustheid te skep van die rol wat die Kinderhuis in die gemeenskap speel. Ons nooi ook besighede uit om hoof borge te raak van ons funksies.

As u enige van hierdie geleenthede wil bywoon, skakel vir Johanna Strauss by 021 975 6822 of stuur ‘n e-pos aan jstrauss@durbanvillekinderhuis.org.za.


17 Mei 2019

Ons jaarlikse Bal word hierdie jaar by die Mount Nelson gehou. Gaste kan uitsien na ‘n heerlike drie gang maaltyd, ‘n lekker dans met ‘n orkes. Hierdie is ‘n ideale geleentheid om u besigheidsvennote te beïndruk.

Koste: R1 000 per persoon of R  10 000 vir ‘n tafel van 10.


16 Julie 2019

Die Kinderhuis se Trail Run by Meerendal.  

Toegang: R80 per persoon.


24 August 2019

Ons bied ons jaarlikse damesontbyt aan by Marlenique. Gaste kan uitsien na ‘n heerlike ontbyt, en vermaak uit die boonste rakke en baie gelukkige pryse om te wen!

Koste: R400 per persoon of R4 000 per tafel van 10.


10 September 2019

Ons sien uit na ons algemene jaarvergadering by die Durbanville Stadsaal. Ons wil hierdie geleentheid gebruik om ons suksesse en uitdagings met ons ondersteuners en die gemeenskap te deel en hulle ook te bedank vir hul betrokkenheid en ondersteuning.

Geen toegangs fooi.


21 September 2019

Jaarlikse Rugbydag. Die Viernasies-wedstryd tussen die Springbokke en Nieu Zealand sal op groot skerms by Marlenique-wynlandgoed vertoon word. Daar sal ‘n paneel van voormalige rugbyspelers wees wat na die wedstryd kommentaar lewer. Gaste kan uitsien na ‘n braai middagete, vinnige veiling en geskenk pakkies.

Koste: R500 per persoon of R 5 000 per tafel van 10.


31 Oktober 2019

Durbanville Kinderhuis se jaarlikse gholfdag by die Durbanville-gholfklub plaas.

Daar sal fantastiese pryse op die spel wees en elke speler sal ‘n geskenkpak ontvang. ‘n Veiling en aandete vorm deel van die dag.

Vierbal: R4000