Close

Raak Betrokke

Daar is ‘n verkeindenheid maniere waarop u betrokke kan raak en help on ‘n kind se lewe te verander.

Finansiële skenkings

Durbanville Kinderhuis sien na 144 kinders om en alle geld gaan direk om hul te versorg. Lees meer, hier.

Bord ‘n kind

Teen R100 of meer per maand, of selfs ‘n eenmalige donasie, kan u die lewe van ‘n kind verander.

Dit kos R7 000 per maand om ‘n kind in ons sorg te huisves, te voed, te klee, te onderrig en te koester. U maandelikse bydrae sal help om die voortgesette siklus van misbruik en verwaarlosing te stop en voorkom dat die kind op straat eindig waar hy of sy aan dwelmmisbruik, bendegeweld, armoede en misdaad blootgestel sal wees. U gereelde borgskap sal ‘n gereelde stroom van inkomste skep wat ons in staat sal stel om die Kinderhuis se aktiwiteite beter te beplan en uit te voer.

Klik hier vir meer inligting.

Skenk goedere

Durbanville Kinderhuis onderneem verskillende projekte sodat hy goedere kan ontvang en uitgawes kan bespaar. Kos, tweedehandse klere, meubels en toerusting word regtig waardeer. 

Vind uit wat die tehuis benodig, hier.

Vrywilligheidsdiens

Vrywilligers is die lewensbloed van Durbanville Kinderhuis! Hulle is onmisbaar vir die implementering van al die Kinderhuis se programme ten einde die beste moontlike versorging van die kinders te verseker.

Klik hier om uit te vind hoe u by ons kan werk.

Funksies en geleenthede

Durbanville Kinderhuis bied verskeie fondsinsamelingsgeleenthede en -funksies regdeur die jaar aan om uiters nodige fondse vir die Kinderhuis in te samel en bewustheid te skep van die rol wat die Kinderhuis in die gemeenskap speel. Ons nooi ook besighede uit om hoof borge te raak van ons funksies.

Lees meer, hier.