Close

Kinders se aktiwiteite

Die span by die Durbanville Kinderhuis is terug na die vakansie en reg vir 2019. Soos altyd het ons reeds ‘n hele paar projekte wat ons hierdie jaar wil begin. Ons eerste opwindende projek waarvoor ons fondse insamel is vir #teamDCH – ons kinders se hardloop groepie.

Soos baie mense weet is ons kinders baie lief vir hardloop en enige sports aktiwiteite. Ons het ‘n groep van jong kinders wat saam met hulle maatskaplike werker, Jessica Johannisen, op Maandae en Woensdae hardloop. Gedurende 2018 was hierdie groep kinders baie toegewyd en het selfs aan twee “trail” wedlope deelgeneem.

Nuusbrief

Voel vry om ons nuusbriewe te lees vir meer inlingting oor ons hoogtepunte, funksies en nuutste gebeur. Klink hier vir al ons nuusbriewe.

Boeke en Liefdadigheidswinkel

Liefdadigheidswinkel: Die Durbanville Kinderhuis Liefdadigheidswinkel en tweedehandse klerewinkel wat op die tehuis se gronde is, verkoop ‘n hele verskeidenheid klere, skoene en juweliersware, asook van witolifants-goedere en ander interessanthede teen bekostigbare pryse.

Boek verkope: Die Durbanville Kinderhuis samel fondse in deur die verkope van kwaliteit boeke elke Donderdag oggend vanaf 10:00 tot 13:00, asook op die eerste Saterdag van elke maand vanaf 09:00 tot 14:00.

Vind meer uit oor ons Liefdadigheidswinkel en Boek verkope hier.

Funksies

Durbanville Kinderhuis bied verskeie fondsinsamelingsgeleenthede en -funksies regdeur die jaar aan om uiters nodige fondse vir die Kinderhuis in te samel en bewustheid te skep van die rol wat die Kinderhuis in die gemeenskap speel. Ons nooi ook besighede uit om hoof borge te raak van ons funksies.

Vind meer uit oor ons funksies hier.